DF Malan
  • Tuisblad
  • Nuusbrief
  • Fotogalery
  • Telbord
  • Alumni
  • Ondersteuners
  • Ererol
  • Kontak

Toekennings

BELEID TEN OPSIGTE VAN DIE TOEKENNING VAN EREKLEURE AAN HOËRSKOOL DF MALAN - 2012

Doel
1. Om aan leerders erkenning te verleen vir bewese prestasie.
2. Om leerders tot beter prestasies te motiveer.

1. Algemene beleid
1.1 Die toekenning van erekleure berus by die erekleurekomitee (hierna genoem die “komitee”) wat bestaan uit die skoolhoof, die adjunkhoofde en personeellede soos deur die skoolhoof benoem. Die komitee vergader soos wanneer nodig.
1.2 Die sameroeper van ‘n aktiwiteit moet sy/haar nominasies met motivering skriftelik by die komitee indien en kan ook sy/haar nominasies mondeling voor die komitee verduidelik, indien nodig.
1.3 Erekleure word op ‘n deurlopende grondslag toegeken.
1.4 Slegs geregistreerde lede van ‘n aktiwiteit kan in aanmerking kom vir erekleure.
1.5 Erekleure word gedra in die vorm van ‘n effekleurige donkerblou baadjie met omboorsel en ‘n erewapen waarop Sport, Kultuur, Akademie of Diens geborduur is.
1.6 Die bewoording van die naam van die aktiwiteit word deur die komitee bepaal.
1.7 Aan ‘n leerder wat reeds erekleure in ‘n aktiwiteit verwerf het en wat vir ‘n tweede maal kwalifiseer, word ‘n hertoekenning gedoen in die vorm van ‘n erekleuresertifikaat.
1.8 In die geval van ‘n leerder wat reeds ‘n toekenning ontvang het en wie se gedrag/optrede nie na wense is nie, mag die komitee na oorweging besluit om sodanige leerder se toekenning terug te vorder. Die komitee mag ook as gevolg van onaanvaarbare gedrag ‘n moontlike erekleuretoekenning van ‘n leerder weerhou.
1.9 Erekleure kan verwerf word vanaf gr. 8 tot gr. 12. Dit mag egter net vanaf die begin van ‘n leerder se gr. 10-jaar gedra word.
1.10 ‘n Leerder kan erekleure verwerf vir ‘n aktiwiteit buite skoolverband volgens die volgende kriteria: Geen groepe; As hy/sy provinsiale kleure verwerf het; Nasionale kleure verwerf het; Die betrokke Unie ‘n volledige verklaring op skrif aan die skool gestuur het. Die erekleure-komitee het nog steeds finale seggenskap oor die toekenning.
1.11 Leerders wat in ander skole gepresteer het en wat in hierdie skool genomineer word, se prestasie sal deur die komitee op meriete beoordeel word. Indien die sameroeper van ‘n aktiwiteit van die kriteria wil verander, sal sodanige verandering SLEGS in die vierde kwartaal deur die komitee oorweeg word. ‘n Voorlegging met bestaande kriteria, asook die verandering(e) EN motivering moet by die voorsitter ingedien word.

2. Sport
‘n Leerder verwerf erekleure indien hy/sy die skool op provinsiale vlak verteenwoordig en sy/haar provinsiale kleure verwerf het.
Verder verwerf ‘n leerder erekleure indien hy/sy voldoen aan die kriteria soos hieronder uiteengesit.
2.1 Atletiek
Provinsiaal (WP Hoërskole en WP-Klubs)
WP-rekord verbeter by ‘n amptelike byeenkoms.
Meer as 700 punte (gemiddeld) volgens ASA Punte-tabelle behaal by minstens 3 amptelike byeenkomste gedurende ‘n seisoen (Oktober-Maart).
2.2 Gholf
Provinsiaal.
25+ wedstryde vir die skool se eerste span gespeel.
2.3 Hokkie
Provinsiaal.
40+ wedstryde vir die skool se eerste span gespeel.
20+ wedstryde vir die skool se eerste binnenshuise hokkiespan gespeel.
2.4 Krieket
Provinsiaal.
40+ wedstryde vir die skool se eerste span (uitklopwedstryde ingesluit) gespeel.
2.5 Landloop
Provinsiaal.
2.6 Lewensredding
Provinsiaal.
2.7 Netbal
Provinsiaal.
35+ wedstryde vir die skool se eerste span gespeel.
2.8 Rugby
Provinsiaal.
25+ wedstryde vir die skool se eerste span gespeel.
2.9 Skaak
WP Hoërskole
35+ wedstryde vir die skool se eerste span gespeel.
2.10 Swem
Provinsiaal.
Voldoen aan SSA se kwalifiserende tye by erkende byeenkoms
2.11 Tennis
Provinsiaal.
Minstens 2 keer gespeel in WP A- of B-uitnodigingspan.
Speler onder eerste 10 op SA ranglys in sy ouderdomsgroep.
35+ wedstryde vir die skool se premierspan gespeel.
2.12 Tweekamp tot tienkamp
Provinsiaal

3. Kultuur
Nominasies met motivering word aan die komitee voorgelê, wat die betrokke prestasies op meriete oorweeg.
Kandidate moet bewys van minstens een uitstaande prestasie kan lewer.
3.1 Koor
- Lid van koor vir minstens VIER jaar is ‘n kwalifikasie vir erekleure.
- Koor moes in bogemelde tydperk by die Tygerberg Eisteddfod, Applous, Kaapse Afrikaanse Eisteddfod of soortgelyke vlak gepresteer het
- Leerders kwalifiseer vir erekleure op grond van prestasie van ‘n eksterne koor (bv Pro Cantu of die SA Jeugkoor), mits hulle terselfdertyd al minstens een jaar lid van die skool se koor is.
- Wanneer die eksterne koor egter op nasionale/internasionele vlak presteer en die leerder is nié lid van die skool se koor nie, kan erekleure op individuele basis en meriete oorweeg word.
3.2 Blaasorkes
- Vier jaar lid van orkes.
- Die jaarlikse oefenkamp bygewoon, tensy geldige rede vir afwesigheid.
- Leerders kwalifiseer vir erekleure op grond van prestasie van ‘n eksterne orkes, mits hulle terselfdertyd al minstens een jaar lid van die skool se blaasorkes is.
- Wanneer die eksterne orkes egter op nasionale/internasionale vlak presteer en die leerder nié lid is van die skool se blaasorkes nie, kan erekleure op individuele basis en meriete oorweeg word.
3.3 Musiekensembles
- Vier jaar lid van ‘n ensemble.
- Deelneem aan Eisteddfods, kompetisies en openbare optredes.
- Leerders kan na slegs een jaar deelname aan die strykensemble erekleure kry, mits hulle opgeneem is in ‘n nasionale orkes of die Hugo Lambrechts Simfonie orkes.
- Wanneer die eksterne orkes egter op nasionale/internasionale vlak presteer en die leerder nié lid is van die skool se strykensemble nie, kan erekleure op individuele basis en meriete oorweeg word.
- Hertoekenning verval. Daar is slegs ‘n eenmalige toekenning op grond van die bogemelde kriteria.
3.4 Musiek
UNISA: Hennie Joubertprys of soortgelyke toekenning bv ROYAL SCHOOLS-penning
Erekleure op meriete van individuele prestasie toegeken word
3.5 Debat
‘n Leerder verwerf erekleure vir ‘n besondere prestasie/eerste plek in ‘n streeks-/provinsiale- of nasionale kompetisie.
Volgehoue deelname aan en prestasie in sewe van die volgende aktiwiteite op senior vlak:
1. Rotary Debat
2. Productivity SA Competition
3. ATKV Redenaarskompetisie
4. ATKV Debatskompetisie
4. Interskoledebat
5. Verskeie uitnodigingsdebatte teen ander skole
6. Interne forumdebatte
7. Lid van Debatsbestuur
8. Ontvanger van Beste Spreker Trofee op Prysuitdeling.
9. Dink-of-Sink Debatskompetisie
3.6 Voortrekkers
Presidentsverkenner/Hoofleierswag.
3.7 Landsdiens
Springbok Toekenning

4. Akademie
Kriteria vir Akademiese Erekleure:
• Akademiese erekleure word vanaf Graad 10 toegeken.
• ‘n Minimum gemiddelde persentasie van 80% moet oor die eerste drie kwartale behaal word.
• Die vak lewensoriëntering word nie in berekening gebring vir erekleure nie.
• Vir die toekenning van vak- en merietepryse moet ‘n leerder ‘n gemiddeld van 80% in 3 eksamens/toetse behaal.
• ‘n Leerder wat afwesig was en nie al die vakke geskryf het nie, kwalifiseer nie vir akademiese erekleure nie. Hy/sy kan wel vir ‘n vak-/merieteprys in aanmerking kom indien die vak in al die eksamens geskryf is.
• ‘n Leerder wat na die Maart-eksamen/toetsreeks van vak verander, diskwalifiseer hom-/haarself outomaties en kan nie vir akademiese erekleure in aanmerking kom nie en kwalifiseer ook nie vir ‘n vakprys/merieteprys in die betrokke vak nie.

5. Diens
5.1 Noodhulp
‘n Leerder verwerf erekleure indien hy/sy die Vlak III-kursus geslaag het asook 80 diensure voltooi het.
‹ Skooltye up

Inhoud

  • Akademie
  • Aksie Omgee
  • Algemene Inligting
    • Aansoek om Toelating
    • Handves van DF-regte
    • Jaarprogram
    • Kommunikasie
    • Skooldrag / sportdrag
    • Skoolgeld
    • Skooltye
    • Toekennings
  • Beheerliggaam
  • DF Sport
  • Fasiliteite
  • Finansies
  • Klubs
  • Kultuur
  • Leef Groen
  • Leerders
  • Oor DF
  • Personeel
  • Raak Betrokke
  • Voorligting & Ondersteuning
  • Voornemende Leerders
  • Wye Wêreld

Foto's

Onderwerpwolk

Aerobics Alumni Atletiek Drama Eisteddfod Hip-Hop Hokkie Koorreünie Krieket Landsdiens Matriekuitslae 2011 Netbal Swem
more tags

Addisioneel

  • Nuusonderwerpe
  • Werfkaart
  • Donateurs
  • Advertensies
  • Koorreunie - 27 April 2012

Akademiese Nuus

Matriekuitslae 2011
meer

Kulturele Nuus

SA-Kampioenskappe
Koorreünie - 27 - 29 April 2012
Landsdiens
DF presteer op kultuurgebied
meer

Sportnuus

DFM-Astro
DFM Hokkie-afrigters presteer
DFM-Afrigters presteer
Ané Bekker
meer

Algemene Nuus

Oudleerder Temmingh oorlede
meer