Rugby

DF Malan se eerste rugbyspan het die afgelope vakansie ‘n toer na Namibië onderneem. Die toergroep het bestaan uit 24 seuns en is vergesel deur hul afrigters, mnre. Frikkie Welsh, Gerhard Jordaan en Bertus Enslin. Die seuns het wedstryde teen Elnatan Privaatskool, Windhoek Hoërskool, asook ‘n Uitnodigingspan van Windhoek gespeel.

Gepubliseer: 2012/07/23 - 08:35

DF Malan se eerste rugbyspan toer hierdie Junie-vakansie na Namibië. Daar sal hulle te staan kom teen drie Namibiese rugbyspanne en ook die natuurskoon beleef. Die span gaan in Stampriet, Swakopmund en Windhoek aandoen. Om die toergeld te help dek, is daar kaartjies verkoop en die wenner kon ‘n jagnaweek vir vier mense in Richmond wen.

Op die foto is die eerstespan-afrigters saam met die gelukkige wenner, v.l.n.r: Frikkie Welsh, Marius Basson (wenner), Gerhard Jordaan en Bertus Enslin.

Gepubliseer: 2012/05/29 - 08:08
Subscribe to RSS - Rugby