Krieket
Suzette Knipe in Graad 11, is deur WP-Krieket verkies tot ‘n Uitnodigingselftal teen ‘n besoekende Walliese Toerspan. Die eendagwedstryd het op Donderdag 16 Februarie 2012 by Durbanville Krieketklub plaasgevind. Suzette en haar spanmaats het die besoekende Walliesers behoorlik op hul neuse laat kyk en met 8 paaltjies gewen. Baie geluk! Suzette is ‘n voltydse lid van die Bellville Peninsula Krieket Akademie, waar sy weekliks deur ‘n professionele afrigtingspan bygestaan word.
Gebupliseer, 2012-02-17
DF se eerste krieketspan het die naweek van 13 en 14 Januarie 2012, onder leiding van mnr. Marius Mells, na Ceres vertrek vir ‘n spanbounaweek om die krieket vir die kwartaal af te skop. Die seuns het Vrydag- en Saterdagaand in Ceres–bos geslaap en na wat verneem word, het mnr. Mells die minste van almal geslaap! Die vriendskaplike wedstryd wat beplan was om Saterdagoggend te begin, kon eers teen 12:30 begin vanweë ‘n nat kolfblad.
Die oefenwedstryd is deur Charlie Hofmeyer gewen nadat DF ingestuur is om op die klam kolfblad te kolf. Die seuns het egter die mooi omgewing en die wegbreek uit die stad terdeë geniet en sien uit na die uitdaging vir die kwartaal se wedstryde. Baie dankie aan mnr. Mells vir sy opoffering om die seuns te vergesel.
Vir nog foto’s gaan na Fotogalery.
Gebupliseer, 2012-01-25



