Bergfietsry
Die DF Malan Bergfietsklub het op Sondag 13 November hul prysuitdeling gehou.
Die funksie het by die Protea Hotel Vineyard Estate plaasgevind en gaste het aangesit vir ‘n heerlike buffet-ontbyt.
Die volgende leerders het almal pryse ontvang:
Beste Gees – Emil van Eck
Besering Baas - Morne Hollander
Beste Beginner - Jean-Mari de Villiers
Beste Vordering - Pierre van der Merwe
Uithouvermoë - Pierre Manson
Most committed rider - Cameron Pederson
Belowendste ryer - Wernich Furstenberg
Beste Presteerder - Manie Lubbe
Ambassadeur van die jaar - Manie Lubbe
Rider of the year: Pieter de Lange
Die klub het ook die Tygerberg Interskole reeks gewen.
Gebupliseer, 2011-11-17
Jacques Hoffman het Saterdag aan die Seweweekspoort se 25km Bergfietsbyeenkoms in Ladismith deelgeneem en algeheel die 4de plek (2de in sy ouderdomsgroep) behaal. Daar was 175 deelnemers wat aan die 25km wedren deelgeneem het.
Gebupliseer, 2011-10-18
Baie geluk aan elkeen van u en ook aan u kinders met die fantastiese uitslae wat hul tot dusver behaal het. DF se bergfietsspan het op 19 Augustus skoonskip gemaak by die eerste van die drie Interskolewedrenne.
Individuele uitslae:
Renette Coetzee (1ste Plek: Sub-Junior Dogters)
Jean-Marie de Villiers (2de Plek: Sub-Junior Dogters)
Manie Lubbe (1ste Plek: Sub-Junior Seuns)
Thomas Pretorius (2de plek: Junior Mans)
Pierre Manson (3e plek: Junior Mans)
Suzette Knipe (1ste plek: Jeug dogters)
Wernich Furstenberg (1ste plek: Jeug Mans)
Emil van Eck (3de plek: Jeug Mans)
Baie geluk aan die leerders en ook baie dankie vir al die ander leerders wat deelgeneem het. Elkeen se deelname het verseker dat DF Malan met die eerste plek wegry.
Saterdag 3 September was die finale ronde van die Spur-wedrenne. Dankie aan elkeen wat daar was. DF Malan het ‘n algehele 4de plek behaal in hierdie reeks. Hierdie is ‘n besondere prestasie, aangesien daar 30 skole deelgeneem het en dit die eerste keer is wat ons hieraan deelneem. Ek is seker dat ons in die toekoms die Top 3 gemaklik sal haal. Baie geluk ook aan Manie Lubbe wat 2de in sy afdeling geëindig het en ook Renette Coetzee en Jean-Marie de Villiers wat onderskeidelik ‘n 1ste en 2de plek behaal het.
Gebupliseer, 2011-09-06
Baie geluk aan die 4 leerders wat as aflosspan aan die 9-5 Bergfietswedren op 9 Augustus deelgeneem het. Hierdie 4 seuns het die Skole-afdeling vir Juniors gewen. Hulle is Manie Lubbe, Albert Knipe, Cameron Pederson en Pierre Manson.
DF se bergfietsspan het op 19 Augustus skoonskip gemaak by die eerste van 3 Interskole-wedrenne. Die span het ‘n algehele eerste plek behaal. Manie Lubbe en Wernich Furstenburg het onderskeidelik eerste en derde geëindig.
Hierdie fietsryers is beslis besig om groot naam vir hulself en die skool te maak. Ons hou hul vordering met belangstelling dop.
Gebupliseer, 2011-08-23



