Landsdiens
Gelukwense aan Jan-Ben Matthysen (gr. 11) wat die Springbok-Landsdienstoekenning ontvang het. Hierdie toekenning is deur Landsdiens se Provinsiale bestuurspan gemaak, omdat Jan-Ben vir meer as drie aktiewe Hoërskooljare ononderbroke diens aan die Landsdiens gelewer het. Ook het hy twee Nasionale Landsdienskampe bygewoon en ’n uitsonderlike bydrae gelewer tot die bevordering van die Landsdiensbeweging op beide kultuur- en omgewingsbewaringsgebied.
Owen Crafford (gr. 9) is verkies tot die Wes-Kaapse Juniorbestuurspan – baie geluk! Ook erken Landsdiens Hoofbestuur Owen se toegewydheid en pligsgetrouheid aan die Landsdiens. Sy lewering van volgehoue prestasie het aan hom die Goue Prestasie Toekenning verseker.
Lara Matthysen (gr. 9) se uitleef van die Landsdiensdoelstellings, pligsgetrouheid, haar betrokkenheid en hulpverlening by die klub het aan haar ‘n Silwer Toekenning opgelewer. Hou so vol, Lara!

Gebupliseer, 2011-11-14