DF Malan
  • Tuisblad
  • Nuusbrief
  • Fotogalery
  • Telbord
  • Alumni
  • Ondersteuners
  • Ererol
  • Kontak

Koorreünie - 27 - 29 April 2012

Koorreünie - 27 - 29 April 2012

DF wil graag ‘n spesiale uitnodiging rakende ‘n opwindende projek vir 2012 aan alle oudkoor- en –orkeslede rig.

As deel van ‘n koorreünie wat vir die naweek van 27-29 April 2012 beplan word, beoog DF Malan om onder leiding van Leon Starker, Karl Jenkins se Armed Man: A Mass for Peace uit te voer. Hierdie hoogs singbare werk wat maklik aangeleer kan word, het sedert sy wêreldpremière op 25 April 2000 ongekende populariteit verwerf met bykans 900 uitvoerings wat deur professionele sowel as gemeenskapskore aangepak is.

Die skoolkore van DF Malan en St Cyprians, met ‘n moontlikheid dat die Kaapse Walliese Mannekoor ook kan aansluit, vorm ‘n deel van die koorkern wat met stemme van oudleerders en DF-ouers aangevul sal word. Wat die orkes betref, sal dit uit professionele spelers sowel as leerders/oudleerders/ouers (wat minstens UNISA graad 6- / 7 -vlak bereik het) bestaan.

Die inskrywingsvorm om as deel van die koor op te tree is op DF Malan se webtuiste onder die skakel “Addisioneel” beskikbaar: http://dfmalan.com/27-april-2012-koorreunie. Sluit ook by ons Facebook-bladsy, “Armed Man 2012 DF Malan” aan waar nuwe inligting aangaande die optrede, sowel as video- en klankgrepe van die musiek te vinde sal wees.

Enige verdere navrae kan aan die volgende e-posadres gerig word: alettadorfling@hotmail.com.
Gebupliseer, 2012-02-06
Kultuur, Koorreünie

Inhoud

  • Akademie
  • Aksie Omgee
  • Algemene Inligting
  • Beheerliggaam
  • DF Sport
  • Fasiliteite
  • Finansies
  • Klubs
  • Kultuur
  • Leef Groen
  • Leerders
  • Oor DF
  • Personeel
  • Raak Betrokke
  • Voorligting & Ondersteuning
  • Voornemende Leerders
  • Wye Wêreld

Foto's

Onderwerpwolk

Aerobics Alumni Atletiek Drama Eisteddfod Hip-Hop Hokkie Koorreünie Krieket Landsdiens Matriekuitslae 2011 Netbal Swem
more tags

Addisioneel

  • Nuusonderwerpe
  • Werfkaart
  • Donateurs
  • Advertensies
  • Koorreunie - 27 April 2012

Akademiese Nuus

Matriekuitslae 2011
meer

Kulturele Nuus

SA-Kampioenskappe
Koorreünie - 27 - 29 April 2012
Landsdiens
DF presteer op kultuurgebied
meer

Sportnuus

DFM-Astro
DFM Hokkie-afrigters presteer
DFM-Afrigters presteer
Ané Bekker
meer

Algemene Nuus

Oudleerder Temmingh oorlede
meer