DF presteer op kultuurgebied
1.) DF se 3 spreekkore het met die Tygerbergse Eisteddfod uitstekend presteer: die graad 8's het LOF behaal (86%), terwyl die graad 9- en graad 11-spreekkore albei hoogste lof ontvang het, onderskeidelik 93% en 95%. Baie geluk!
2.) Drie van DF se senior dramaleerders het saam met leerders van o.a. Schoonspruit Sekondêr, Bellville en Paarl Vallei met die produksie, Bloed, geskryf deur Chris Barnard, by verskeie toneelfeeste deelgeneem. By Springbok se toneelfees het die produksie se regie, wat deur Kobie Jacobs behartig is, ‘n Silwer toekenning ontvang. Marli van Eeden en Lize-Mari Vivian is ook hier elkeen met ‘n Brons toekenning vereer. Met die ATKV-fees se uitdunrondes in George het hul ook elkeen weer ‘n toekenning ontvang: Marli: silwer en Lize-Mari: brons, asook ‘n silwer toekenning vir regie. Hul het hier ook deurgedring tot die finaal waar hul tweede geëindig het! Die laaste een waaraan hul deelgeneem het, was Hoërskool Durbanville se toneelfees, waar hul silwer vir regie en hul produksie as geheel ontvang het. Die DF-leerders hert elk ‘n brons-toekenning vir hul toneelspel ontvang. Baie geluk aan al 3 hierdie leerders: Andene Augustyn, Marli van Eeden en Lize-Mari Vivian.
3.) Baie sterkte aan die volgende leerders wat op 22 Augustus aan die Fred Astaire-danskompetisie in die Kunstekaap-teater dans: Anel van Wyk en Leon Coetzee, asook Angelique van Zyl wat saam met ‘n leerder van Monument Park optree. 4.) Gabriella Swanepoel (gr. 11) het op 20 Augustus aan die Cape Gate Upstage-sangkompetisie deelgeneem en is deur na die finaal wat op 30 Augustus plaasvind. Gaan ondersteun haar gerus!



