DF Malan
  • Tuisblad
  • Nuusbrief
  • Fotogalery
  • Telbord
  • Alumni
  • Ondersteuners
  • Ererol
  • Kontak

Hoërskool DF Malan

Inwydingsfunksie

Op 20 Junie 2012 hou DF Malan ‘n inwydingsfunksie van ons nuwe Astro. By die geleentheid sal Die Heuwels Fantasties optree. Leerders, oudleerders en vriende van DF word genooi om dit by te woon. Kaartjies is te koop by me. Rona Roelofse teen R60 per persoon. Verversings sal ook die aand te koop wees.

Gepubliseer, 2012-05-17, lees meer...
SA-Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste

Verskeie leerders het aan die SA-kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste in Rustenburg deelgeneem.

Lees meer.

Gepubliseer, 2012-05-17, lees meer...
Drama
DFM-Astro

Na maande se opwinding is die DFM-Astro eindelik voltooi. Dit is onlangs amptelik aan me. Dorfling, skoolhoof van DFM, oorhandig. Op die foto’s van links na regs: Colin Budge (Burger & Wallace), Michael Merryweather (Synsport), me. Joh Dorfling (skoolhoof) en mnr. Hannes Marais (Beheerliggaamlid wat projek gelei het).

Saterdag, tussen 11:00 en 12:00 speel die 2 premierspanne die eerste wedstryde tuis by ‘n reusesportdag teen Hoërskool Oudtshoorn.

Gepubliseer, 2012-05-15, lees meer...
Hokkie
Boekbesprekings

DF Malan bied vanaf Woensdag, 16 Mei tot Vrydag, 18 Mei 2012, 'n aantal boekbesprekings, waartydens die skrywers hul eie boeke gaan bespreek, in die skoolsaal aan en u as ouers is ook welkom om van die besprekings by te woon. NB-Uitgewers en LAPA gaan boeke te koop aanbied. Daar sal ook tweedehandse en ander boeke teen superlae pryse te koop wees.
Vir meer inligting kan u gerus die skool skakel.

Lees meer oor Danie Marais, een van die skrywers wat by hierdie boekbesprekings sal wees.

Gepubliseer, 2012-05-15, lees meer...
Oudleerder Temmingh oorlede

Dit was met leedwese dat ons hier by DF kennis geneem het van die afsterwe van Roelof Temmingh. Hy was ’n oudleerder van DF Malan en het in 1964 gematrikuleer.

Ons is dit eens met Winfried Lüdeman: “Met die omvang, veelsydigheid, integriteit en seggingskrag van sy oeuvre behoort hy tot daardie klein groep komponiste wat kunsmusiek in Suid-Afrika help vestig en op gelyke voet langs ons literêre en visuele kunste geplaas het.”

Ons salueer ’n kultuurreus.

Gepubliseer, 2012-05-14, lees meer...
Alumni
SASAFF WP-Kampioenskappe

Die afgelope naweek het verskeie Dee-Effers aan die SASAFF WP-Kampioenskappe deelgeneem. Op die foto is die Aero-span, VIVACIOUS, wat ‘n goue medalje in die kategorie 14-16 jaar verower het. Die span neem later in Junie deel aan die Suid Afrikaanse Kampioenskappe.

Op die FOTO:
Vlnr: Mia Viljoen, Amy Grobelaar
Agter lnr: Elme Vorster, Gina Barkema, Megan van Eeden, Mika Loubser en Burgitte van der Merwe.
Lees meer.

Gepubliseer, 2012-05-14, lees meer...
Astro-inwydingsfunksie

Hiermee wil die organiseerders van die Astro-inwydingsfunksie u graag uitnooi om by hierdie funksie saam met ons die opgradering van ons sportfasiliteite te kom vier. Ons sal daardie aand die astro vier en met dankbare ouers/afrigters/spelers heerlik saamkuier.
Lees meer.

Gepubliseer, 2012-05-14, lees meer...
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • next ›
  • last »

Inhoud

  • Akademie
  • Aksie Omgee
  • Algemene Inligting
  • Beheerliggaam
  • DF Sport
  • Fasiliteite
  • Finansies
  • Klubs
  • Kultuur
  • Leef Groen
  • Leerders
  • Oor DF
  • Personeel
  • Raak Betrokke
  • Voorligting & Ondersteuning
  • Voornemende Leerders
  • Wye Wêreld

Foto's

Onderwerpwolk

Aerobics Alumni Atletiek Drama Eisteddfod Hip-Hop Hokkie Koorreünie Krieket Landsdiens Matriekuitslae 2011 Netbal Swem
more tags

Addisioneel

  • Nuusonderwerpe
  • Werfkaart
  • Donateurs
  • Advertensies
  • Koorreunie - 27 April 2012

Akademiese Nuus

Matriekuitslae 2011
meer

Kulturele Nuus

SA-Kampioenskappe
Koorreünie - 27 - 29 April 2012
Landsdiens
DF presteer op kultuurgebied
meer

Sportnuus

DFM-Astro
DFM Hokkie-afrigters presteer
DFM-Afrigters presteer
Ané Bekker
meer

Algemene Nuus

Oudleerder Temmingh oorlede
meer