DF Malan
  • Tuisblad
  • Nuusbrief
  • Fotogalery
  • Telbord
  • Alumni
  • Ondersteuners
  • Ererol
  • Kontak

Herwinning



Die woord herwinning is lankal meer as net ‘n gonswoord – dit het al vir verskeie van ons ‘n leefwyse geword! Om hierdie goeie gewoonte voort te sit of aan te kweek, het ons ‘n paar sisteme in plek, sodat ons as skoolgemeenskap ook ‘n wesenlike bydrae tot herwinning kan lewer.

Elke gesin of lid van die gemeenskap word hartlik uitgenooi om van hierdie sisteme tydens skoolure gebruik te maak. Die hekwag kan by die hoofingang gekontak word indien u toegang tot die houers wil hê. Let daarop dat herwinning van afvalprodukte op ‘n daaglikse basis plaasvind. Dit moet voor of na skool gedoen word, sodat akademiese tyd nie in beslag geneem word nie.

Herwinning van PAPIER
‘n Geel vullisdrom is aangebring op die gruisparkering langs die tennisbane. Slegs wit papier word in hierdie houer geplaas. In elke klas word ‘n herwinningsboks geplaas waarin onderwysers en leerders hul wit papier kan herwin. Hierdie bokse word weekliks leeggemaak.

Herwinning van KOERANTE en TYDSKRIFTE
‘n Oranje houer (Mondi) is op die gruisparkering langs die tennisbane aangebring.
Koerante, tydskrifte, ou pamflette en gekleurde papier word in hierdie houer herwin.

Herwinning van BLIKKIES (Collect-a-can)
‘n Blou vullisdrom is op die gruisparkering langs die tennisbane aangebring. Enige blikkies kan hierin geplaas word. Verskeie ander duidelik gemerkte houers SLEGS BLIKKIES / Collect-a-can is op die skoolterrein geplaas.

Herwinning van GLAS
‘n Donkergroen houer (Waste Mart) is op die gruisparkering langs die tennisbane aangebring. Enige glasbottels of –houers kan hierin herwin word.

Fondse wat uit die herwinning gegenereer word, sal aangewend word om die kostes te dek wat aangegaan is om die herwinningsisteme in plek te kry.

Enige navrae of voorstelle kan gerig word aan me. Lara Kruger.
‹ Groen Vingers up Nuwe Projekte ›

Inhoud

  • Akademie
  • Aksie Omgee
  • Algemene Inligting
  • Beheerliggaam
  • DF Sport
  • Fasiliteite
  • Finansies
  • Klubs
  • Kultuur
  • Leef Groen
    • Groen Vingers
    • Herwinning
    • Nuwe Projekte
  • Leerders
  • Oor DF
  • Personeel
  • Raak Betrokke
  • Voorligting & Ondersteuning
  • Voornemende Leerders
  • Wye Wêreld

Foto's

Onderwerpwolk

Aerobics Alumni Atletiek Drama Eisteddfod Hip-Hop Hokkie Koorreünie Krieket Landsdiens Matriekuitslae 2011 Netbal Swem
more tags

Addisioneel

  • Nuusonderwerpe
  • Werfkaart
  • Donateurs
  • Advertensies
  • Koorreunie - 27 April 2012

Akademiese Nuus

Matriekuitslae 2011
meer

Kulturele Nuus

SA-Kampioenskappe
Koorreünie - 27 - 29 April 2012
Landsdiens
DF presteer op kultuurgebied
meer

Sportnuus

DFM-Astro
DFM Hokkie-afrigters presteer
DFM-Afrigters presteer
Ané Bekker
meer

Algemene Nuus

Oudleerder Temmingh oorlede
meer