DF Malan
  • Tuisblad
  • Nuusbrief
  • Fotogalery
  • Telbord
  • Alumni
  • Ondersteuners
  • Ererol
  • Kontak

Drama

Drama in DF

‘n Leerder aan die Hoërskool DF Malan het die groot voorreg om reeds in graad 8 die keuse uit te oefen om een van die volgende afdelings van kuns en kultuur, naamlik drama, kuns, musiek of dans, as spesialisasie-rigting te kies.

‘n Leerder wat drama in graad 8 kies, hoef nie noodwendig vorige ondervinding of blootstelling aan Eisteddfods of verhoogoptredes te hê nie. In graad 8 en 9 word daar op basiese stemwerk (soos artikulasie en projeksie), verhoogtegnieke en –terme, asook veral leerders se selfvertrouevlakke gefokus. Dit ontwikkel dus ‘n leerder om nie net in drama as vak te presteer nie, maar verbeter ook alledaagse kommunikasievaardighede en spontaniteit.

Indien ‘n leerder beoog om drama as vak vanaf graad 10 tot 12 te neem, moet hy/sy aan die einde van graad 9 ‘n oudisie aflê; sodat aanbevelings ten opsigte van vakkeuses met behulp van Eduhelp gemaak kan word. Die probleem is dat leerders dikwels drama kies, sonder om presies te weet wat werklik van hul tot graad 12 verwag gaan word. Dis belangrik dat hul moet besef dat dit ‘n vak is met ‘n 50 persent praktiese komponent, maar dat dit ook ‘n 50 persent teoretiese komponent het. ‘n Leerder moet dus in staat wees om hard te werk aan navorsingstake en groot hoeveelhede leerwerk baas te raak. Wat die praktiese werk betref, moet daar ook opofferings gemaak word, omdat ekstra repetisies dikwels noodsaaklik is. Ten spyte hiervan is dit ‘n wonderlike vak waarby elke leerder kan baat.

Hier volg ‘n paar vaardighede wat op praktiese- en teoretiese gebied bemeester sal word:

- ‘n Leerder se selfvertroue sal met kwartaallikse praktiese optredes en improvisasie-oefeninge geweldig verbeter.
- Gefokusde optredes en gemotiveerde karakterisering word verlang.
- Dit is dus vanselfsprekend dat die vak ‘n leerder se selfdissipline bevorder.
- Leerders word ook met die skryf van hul eie kort toneelstukke uitgedaag om kreatiwiteit aan die dag te lê.
- Teatermeesters se tegnieke word bestudeer, waar leerders vaardighede aanleer om in hul eie emosionele geheue te delf om sekere rolle lewensgetrou te vertolk. Op hierdie manier word drama dus vir sekere leerders ook ‘n uitlaatklep vir hul emosies.
- Goeie asem- en stembeheer, asook volkome ontspanning is noodsaaklik vir enige akteur – bogenoemde word deur gereelde spraak- en ontspanningsoefening vergemaklik.

- Teoreties gesproke word ‘n leerder net soveel verryk. Die oorsprong en geskiedenis van teater word bestudeer:
- Graad 10-12: Griekse teater, Middeleeuse teater, Commedia del’Arte (Italiaanse teater), Suid-Afrikaanse teater, Amerikaanse teater, Fisieke teater, Realisme en verskeie teatermeesters se toneelspeltegnieke word bestudeer.
- Leerders behandel ook elke kwartaal ‘n teks wat by die spesifieke teatertydperk/-styl inpas.
- Met teoretiese vraestelle word leerders uitgedaag om nie net feite weer te gee nie, maar ook toepassings en logiese afleidings te maak.

- Leerders kry ook die geleentheid om ongelooflike ondervinding op te doen en hul selfvertroue te verbeter deur vir ‘n verskeidenheid Eisteddfods en kompetisies in te skryf. So byvoorbeeld kan die Stad Kaapstad Toneelspelkompetisie ‘n leerder die nodige blootstelling bied, deurdat professionele regisseurs en akteurs op die beoordelaarspaneel sit én dit kan dus moontlik tot ‘n professionele beroep in die teater- of televisiebedryf lei.

Op praktiese en teoretiese gebied behoort dit dus duidelik te wees dat dramatiese kunste ‘n leerder eienskappe aanleer wat van onskatbare waarde is!

Aan die hand van die bogenoemde is dit geen verrassing dat drama die afgelope twee jaar geweldig in gewildheid toegeneem het nie. Ons poog ook om drama buitemuurs te laat groei deur ‘n drama-organisasie te stig, waar leerders weekliks dramawerkswinkels sal kan bywoon. Dit bied dus leerders wat nie drama as vak het nie ook die geleentheid om by DF-drama betrokke te raak. Ons beplan ook om definitief in die toekoms groter verhoogproduksies aan te pak en vir ‘n verskeidenheid toneelspelkompetisies en feeste in te skryf.

‹ Avontuurklub up Landsdiens ›

Inhoud

  • Akademie
  • Aksie Omgee
  • Algemene Inligting
  • Beheerliggaam
  • DF Sport
  • Fasiliteite
  • Finansies
  • Klubs
    • Avontuurklub
    • Drama
    • Landsdiens
    • Noodhulp
    • Skaak
    • WHAAM
  • Kultuur
  • Leef Groen
  • Leerders
  • Oor DF
  • Personeel
  • Raak Betrokke
  • Voorligting & Ondersteuning
  • Voornemende Leerders
  • Wye Wêreld

Foto's

Onderwerpwolk

Aerobics Alumni Atletiek Drama Eisteddfod Hip-Hop Hokkie Koorreünie Krieket Landsdiens Matriekuitslae 2011 Netbal Swem
more tags

Addisioneel

  • Nuusonderwerpe
  • Werfkaart
  • Donateurs
  • Advertensies
  • Koorreunie - 27 April 2012

Akademiese Nuus

Matriekuitslae 2011
meer

Kulturele Nuus

SA-Kampioenskappe
Koorreünie - 27 - 29 April 2012
Landsdiens
DF presteer op kultuurgebied
meer

Sportnuus

DFM-Astro
DFM Hokkie-afrigters presteer
DFM-Afrigters presteer
Ané Bekker
meer

Algemene Nuus

Oudleerder Temmingh oorlede
meer