Debatorganiseerder : Mev. R. Badenhorst
ATKV-DEBAT
Die halfeindronde van die ATKV-debat is op 28 Mei 2011 by die Hoër Meisieskool Paarl gehou. Een junior en een senior span van Hoërskool DF Malan het tot hierdie ronde deurgedring.
Die juniors was Carli de Wit, Karli du Bruyn en Kayla de Wit en hulle het die onderwerp dat Afrikaners verdraagsaam teenoor transformasie is, teengestaan.
Jolizna Carstens en Jana Booysen – die senior span – dring deur tot die finale ronde wat gewoonlik in Augustus plaasvind. Hulle het die volgende onderwerp verdedig: “Die oplossing van Suid-Afrika se waterkrisis behoort uitsluitlik die verantwoordelikheid van die regering te wees”.
Dit sal Jana se vyfde keer by die ATKV-debatfinale wees.
Baie geluk aan hierdie leerders.
Interne debatte
Leerders kry die geleentheid om Maandagaande van 17:00 tot 18:30 aan ‘n vriendelike en kompeterende bekgeveg deel te neem. Die debatte is onvoorbereid en vind informeel plaas. Spanne kry die geleentheid om mekaar uit te daag en die stryd aan te sê. Die spanne se vordering word deur die loop van die jaar op ‘n telbord ten toon gestel. Op hierdie wyse word die hele skool betrek om deel te raak van hierdie opwindende woorde-wedloop!
Eksterne kompetisies
Leerders kry die geleentheid om aan eksterne kompetisies, soos die ATKV-debatskompetisie, ATKV-redenaars en die Woordfees deel te neem.
Koste
Deelname aan die interne debat is gratis, maar leerders moet betaal om aan die eksterne kompetisies deel te neem.
Hoërskool DF Malan se Dink-of-Sink-kompetisie
Sedert 2001 is hierdie DF-breinkind een van die groot hoogtepunte op die kultuurkalender. Twintig skole word genooi om hieraan deel te neem en die klimaks van die kompetisie is ‘n glansgeleentheid in die skoolsaal.