Bystandfonds
Die Bystandfonds is deur die beheerliggaam van die Hoërskool DF Malan in die lewe geroep om, waar nodig, leerders met skoolbenodigdhede en lewensmiddele te ondersteun .
Die projek word befonds deur vrywillige bydraes van ouers en persone uit die wyer gemeenskap. Die fonds word deur die beheerliggaam geadministreer.
Deur die fonds word hulp verleen aan gesinne van leerders in die vorm van:
Aankoop van skoolklere
Kruideniersware
Finansiële hulp om te verhoed dat ‘n gesin op straat beland.
‘n Algemene versoek om bydraes word jaarliks aan alle ouers gestuur.



