DF Malan
  • Tuisblad
  • Nuusbrief
  • Fotogalery
  • Telbord
  • Alumni
  • Ondersteuners
  • Ererol
  • Kontak

Algemene Inligting

Welkom by die Hoërskool DF Malan - die hoërskool vir jong volwassenes - se webbladsy.
Ek glo dat u, deur hierdie blad te bestudeer, meer omtrent ons unieke skool te wete sal kom.

Die Hoërskool DF Malan is 'n openbare skool wat daarna streef om wêreldklasonderrig en -opvoeding aan sy studente te bied. Ons streef daarna om ons studente vir die wêreld buite die skool voor te berei en daarom plaas ons nou reeds baie verantwoordelikhede op hulle skouers.

DF Malan is 'n sterk akademies gerigte skool, omdat ons glo dat kennis die een kommoditeit is wat nooit van enige individu weggeneem kan word nie. Oor die jare handhaaf die skool skitterende akademiese uitslae in die Senior Sertifikaateksamen van die Wes-Kaap.

Dit is egter nie net op akademiese gebied wat DF Malan presteer nie. Ons beskou onsself as 'n goed gebalanseerde skool waar akademie, sport en kultuur ewewigtig met mekaar skakel om aan al ons studente die geleenthede te bied om hul volle potensiaal te verwesenlik.

Ten spyte van onsekerheid in die huidige onderwyssituasie in Suid-Afrika, staan die Hoërskool DF Malan met sy personeel, studente en ouers as 'n baken van hoop en vertroue in die onderwys en in die toekoms van ons land. Die Hoërskool DF Malan probeer 'n verskil maak: nie net in mense se lewens nie, maar ook in die gemeenskap en wêreld waarin ons as Dee-Effers beweeg.

Alles wat ons doen, word getoets aan ons visie van 'n hoërskool vir jong volwassenes. As personeel probeer ons aan ons studente vlerke gee waarmee hulle kan vlieg, maar ook standvastigheid om vasgeanker te bly aan die waardes en beginsels wat universeel van die goeie en regte is.

Ons stem heelhartig met John F. Kennedy saam as hy sê:
"Our task is not to fix the blame for the past, but to fix the course for the future."

Die Skoolhoof

  • Aansoek om Toelating
  • Handves van DF-regte
  • Jaarprogram
  • Kommunikasie
  • Skooldrag / sportdrag
  • Skoolgeld
  • Skooltye
  • Toekennings
Aansoek om Toelating ›

Inhoud

  • Akademie
  • Aksie Omgee
  • Algemene Inligting
    • Aansoek om Toelating
    • Handves van DF-regte
    • Jaarprogram
    • Kommunikasie
    • Skooldrag / sportdrag
    • Skoolgeld
    • Skooltye
    • Toekennings
  • Beheerliggaam
  • DF Sport
  • Fasiliteite
  • Finansies
  • Klubs
  • Kultuur
  • Leef Groen
  • Leerders
  • Oor DF
  • Personeel
  • Raak Betrokke
  • Voorligting & Ondersteuning
  • Voornemende Leerders
  • Wye Wêreld

Foto's

Onderwerpwolk

Aerobics Alumni Atletiek Drama Eisteddfod Hip-Hop Hokkie Koorreünie Krieket Landsdiens Matriekuitslae 2011 Netbal Swem
more tags

Addisioneel

  • Nuusonderwerpe
  • Werfkaart
  • Donateurs
  • Advertensies
  • Koorreunie - 27 April 2012

Akademiese Nuus

Matriekuitslae 2011
meer

Kulturele Nuus

SA-Kampioenskappe
Koorreünie - 27 - 29 April 2012
Landsdiens
DF presteer op kultuurgebied
meer

Sportnuus

DFM-Astro
DFM Hokkie-afrigters presteer
DFM-Afrigters presteer
Ané Bekker
meer

Algemene Nuus

Oudleerder Temmingh oorlede
meer