Kontakpersone : Linda Pauw, Liesl Sims
Tel. (021)948-8781
e-pos. isentrum@dfmalan.com
Zip Your Lip – Aksie Omgee
DF-leerders het hulle harte vir die gemeenskap oopgemaak deur ‘n enkele etenstyd af te staan om respek te toon aan diegene wat elke dag honger ly. R10 is betaal om ‘n ete vir iemand te borg. Daar is R4650 ingesamel. DF-leerders neem Vrydag aan die internasionale “Stop Hunger Now”-projek in ‘n “Pack-a-thon” deel. Dit vind plaas by Fairmont Hoërskool vanaf 14:30 tot 17:30. Vervoer daarheen is beskikbaar. Hierdie kospakkies sal Vrydag deur vrywillige DF-leerders aan ‘n groep van ons keuse uitgedeel word.
“Help vandag vir Eendag”
Vir Aksie Omgee het die komitee besluit om hierdie jaar weer by Delft betrokke te raak. Daar is ‘n spesifieke gemeenskap in Delft, naamlik Blikkiesdorp, waar sekerlik die armstes van arm mense woon. Dis mense wat sommer daar ingedruk word van Zimbabwe, die Kongo en dan ook plaaslik van die Kaapse omgewing. Dit is dus ook ‘n politieke kookpot met heelwat probleme.
DF werk saam met ‘n gemeente, Zoë Christian Church, onder die leiding van pastoor Charles George om nood te help verlig. Gedurende die eerste kwartaal moes leerders alle ou skryfbehoeftes versamel om vir skole te neem. Daar is ook ‘n dagsorg vir klein kindertjies opgerig waarvoor die skryfbehoeftes en ook sommer ou speelgoed gegaan het. ‘n Volgende projek in die nabye toekoms is om ‘n groot kleuterskool op te rig waar sowat 300 kinders bedags versorging ontvang. Die bestaande een huisves slegs 24 kleintjies. Letterlik honderde kleintjies dwaal rond in Blikkiesdorp en ‘n mens weet nie altyd of almal veilig en versorg is nie!
Die tweede kwartaal het ons hard gewerk om soveel moontlik blikkieskos en sop in te samel, asook ou klere om mense te help. Met die winter ophande, is ALLE ou klere en komberse baie welkom.
Daar was ook weekliks uitstappies na Delft sodat leerders eerstehands kon gaan sien onder watter omstandighede die mense daar woon. Elke Vrydag het ‘n groep leerders Blikkiesdorp, asook ‘n nuwe “Skills Training Centre” besoek.
Dit bring ons by die tweede deel van die uitreik. Die regering het vir die gemeente daar ‘n ou, verwaarloosde gebou gegee wat nou, deur die mense van Delft self in ‘n opleidingsentrum omskep is. Dit was op sigself ‘n wonderwerk dat Helen Zille die gebou ne kon sy haar oë nie glo nie. Alles was binne vier maande perfek herstel en ingerig sodat klasse daardie selfde week ‘n aanvang kon neem. Hier kon DF ook ‘n groot verskil maak, want ons het hul rekenaarlokaal ten volle toegerus met ou rekenaars wat ons geskenk het!
Die gemeente daar glo sterk in opleiding en opheffing en nie net verligting van die groot nood nie. Dus glo ons dat DF en Aksie Omgee op die regte plek betrokke is.
As u enige kosbydraes, ou klere of komberse het om te skenk, kontak die skool gerus. Ou speelgoed vir die kleuterskool in Blikkiesdorp is ook welkom.
Aksie Omgee-komitee