DF Malan
  • Tuisblad
  • Nuusbrief
  • Fotogalery
  • Telbord
  • Alumni
  • Ondersteuners
  • Ererol
  • Kontak

Matriekuitslae 2011

Matriekuitslae 2011

Met die bekendmaking van 2011 se matriekuitslae het Dee-Effers weer bevestig dat akademie hul kernbesigheid is. Vir die vyfde jaar in ‘n ry kon Hoërskool DF Malan met ‘n 100%-slaagsyfer spog. 32 matrieks het ‘n A-gemiddeld behaal, terwyl nie minder nie as 83% van die klas ‘n gemiddeld van meer as 60% losgeslaan het. Die twee toppresteerders is Lisa Opperman en Heike Werth met onderskeidelik 9 en 7 vakonderskeidings elk. Pieter Nel het 8 onderskeidings behaal en Tanya van den Berg, Julianne Blignaut, Anja Conradie, Chantelle Matthee, Danielle Simpson, Andre Truter en Stefan van der Vyver is kort op sy hakke met 7 onderskeidings elk.

Matrieks wat kan spog met 6 onderskeidings, is Hamman Schoonwinkel, Michelle Aucamp, Rudi Brits, Jolizna Carstens, Tiané de Jongh, Charli de Vos, Johan Gräbe, Tania Potgieter en Martie Theron. Dee-Effers met vyf onderskeidings in die sakkie is Tanja Erasmus, Ané Fourie, Louw Hopley, Henning Joubert, Izelle van Zyl, Owen du Toit, Anziscke Kriel, Kenley Swart, Lara van der Spuy, Jannes Engelbrecht en Carli van Zyl.

Lisa Opperman (100%), Julianne Blignaut en Louw Hopley (98%) se Wiskundeprestasies verdien spesiale vermelding, asook Heike Werth wat 99% vir Rekeningkunde en Hamman Schoonwinkel wat 98% vir Musiek losgeslaan het.

Die totale getal vakonderskeidings is 364, d.w.s. ‘n gemiddeld meer as 2 per leerder. ‘n Verdere pluimpie vir die matriekklas van 2011 is die feit dat daar feitlik geen vakdruipelinge was nie. 19 van die 24 matriekvakke wat deur DF aangebied word, spog met ‘n 100% slaagsyfer, terwyl die slaagpersentasie vir alle vakke 99,61% was – voorwaar geen geringe prestasie nie! In veertien van hierdie vakke is ‘n gemiddeld van meer as 70% behaal, naamlik Rekeningkunde, Afrikaans, Ontwerp, Drama, Engels Eerste Addisionele Taal, Duits, Geskiedenis, Xhosa, Lewens-oriëntering, Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde 3e Vraestel, Musiek, Fisiese Wetenskappe en Visuele Kuns. 89% van die klas het toelating tot ‘n Baccalareusgraad en 11% toelating tot ‘n diplomakursus verwerf.

Die Dee-Effers was ook baie opgewonde oor Gesie Theron se puik prestasies. Gesie, wat die eindeksamen onder baie moeilike omstandighede moes aflê, het drie vakonderskeidings, toelating tot ‘n B-graad en ‘n topprestasie van 94% in Besigheidstudies behaal.

DF is met reg trots op ons matriekklas van 2011 en wens hulle sukses toe met hul studies en in hul loopbane vorentoe!
Gebupliseer, 2012-01-06
Akademie, Matriekuitslae 2011
Syndicate content

Inhoud

  • Akademie
  • Aksie Omgee
  • Algemene Inligting
  • Beheerliggaam
  • DF Sport
  • Fasiliteite
  • Finansies
  • Klubs
  • Kultuur
  • Leef Groen
  • Leerders
  • Oor DF
  • Personeel
  • Raak Betrokke
  • Voorligting & Ondersteuning
  • Voornemende Leerders
  • Wye Wêreld

Foto's

Onderwerpwolk

Aerobics Alumni Atletiek Bergfietsry Branderplankry Eisteddfod Fietsry Hip-Hop Hokkie Koorreünie Krieket Landloop Landsdiens Matriekuitslae 2011 Mountainbiking Netbal Skaak Skopboks Swem WHAAM
more tags

Addisioneel

  • Nuusonderwerpe
  • Werfkaart
  • Donateurs
  • Advertensies
  • Koorreunie - 27 April 2012

Akademiese Nuus

Matriekuitslae 2011
meer

Kulturele Nuus

Koorreünie - 27 - 29 April 2012
Landsdiens
DF presteer op kultuurgebied
Skaak
meer

Sportnuus

Krieket
Krieket - Spanbounaweek
Prysuitdeling - Bergfietsklub
Hip-Hop Kampioenskappe
meer

Algemene Nuus

Byron Booysen
Schalk van der Merwe
WHAAM-kamp
meer