DF Malan
  • Tuisblad
  • Nuusbrief
  • Fotogalery
  • Telbord
  • Alumni
  • Ondersteuners
  • Ererol
  • Kontak

27 April 2012 Koorreunie

Die DF-koor, onder leiding van hul entoesiatiese dirigent, mnr. Leon Starker, het opwindende planne vir 2012!

Daar word beoog om gedurende die langnaweek van 27 April 2012 ‘n koorreünie te hou waartydens ‘n groot koor- en orkeswerk in die nuwe DF-sentrum uitgevoer sal word. Die musiek in gedagte is dié van die Britse komponis, Karl Jenkins, se The Armed Man, a Mass for Peace. Luister gerus hierna by http://www.youtube.com/watch?v=ezFNIyyGT2o.

Huidige leerders en personeel, oudkoorlede, oudonderwysers, ouers, oudouers en enigeen wat ‘n verband met DF het, word genooi om te kom saamsing. So ook word beplan dat die orkes sal bestaan uit ‘n kern van professionele spelers wat aangevul word deur huidige en oudleerders, ouers en personeel.

As u graag deel van hierdie unieke geleentheid wil wees, voltooi asseblief die onderstaande vorm. Meer besonderhede sal later verskaf word, maar u is ook welkom om intussen die skool by (021)948 8781 te skakel of andersins vir Liza-Maré Coetzee by sterver30@gmail.com of André Grové by acgrove@gmail.com.

Ons sien uit na ‘n groot koor- en orkesfees saam met die Dee-Effers!

Vriendelike groete.

Joh Dorfling

SKOOLHOOF

11 September 2011

Persoonlike Inligting
Kontak Besonderhede

Inhoud

  • Akademie
  • Aksie Omgee
  • Algemene Inligting
  • Beheerliggaam
  • DF Sport
  • Fasiliteite
  • Finansies
  • Klubs
  • Kultuur
  • Leef Groen
  • Leerders
  • Oor DF
  • Personeel
  • Raak Betrokke
  • Voorligting & Ondersteuning
  • Voornemende Leerders
  • Wye Wêreld

Foto's

Onderwerpwolk

Aerobics Alumni Atletiek Drama Eisteddfod Hip-Hop Hokkie Koorreünie Krieket Landsdiens Matriekuitslae 2011 Netbal Swem
more tags

Addisioneel

  • Nuusonderwerpe
  • Werfkaart
  • Donateurs
  • Advertensies
  • Koorreunie - 27 April 2012

Akademiese Nuus

Matriekuitslae 2011
meer

Kulturele Nuus

SA-Kampioenskappe
Koorreünie - 27 - 29 April 2012
Landsdiens
DF presteer op kultuurgebied
meer

Sportnuus

DFM-Astro
DFM Hokkie-afrigters presteer
DFM-Afrigters presteer
Ané Bekker
meer

Algemene Nuus

Oudleerder Temmingh oorlede
meer